Guptas se versoek afgekeur

Foto: rosebankkillarneygazette.co.za

Foto: rosebankkillarneygazette.co.za

‘n Versoek deur die Gupta-familie om hulle eiendom in Saxonwold, Johannesburg, te hersoneer, is afgekeur, het ‘n raadslid Dinsdag gesê.

Tim Truluck, raadslid van wyk 117, het gesê hy het Dinsdag ‘n skriftelike kennisgewing ontvang dat die stad se stadsbeplannerstribunaal die versoek afgekeur het. Die rede is nie in die kennisgewing verskaf nie.

Gary Naidoo, woordvoerder vir die Gupta-familie, het gesê hy sal via e-pos op enige vrae reageer.

Truluck het gesê die Guptas sal op provinsiale vlak weer aansoek moet doen, of ‘n nuwe aansoek moet indien wat aan munisipale vereistes voldoen. Inwoners kan ook die aansoek bekyk.

“Ons glo dat die Guptas weet waarom die hersonering afgekeur is,” het Gabu Tugwana gesê. “Die familie moet eerder verduidelik waarom die aansoek afgekeur is.”

Maroela Media het vroeër berig inwoners van Saxonwold het met regstappe gedreig indien die stad toestemming aan die Guptas sou verleen om ‘n herehuis op hul erf op te rig. ‘n Span van die stadsraad het die herehuis die vorige week besoek, maar gesê hulle gaan hul besluit nie publiek maak nie.

Die Guptas het ‘n aansoek ingedien om die wysigings, wat van die vorige goedgekeurde planne afwyk, reg te stel.

Die bure het gekla dat die gebou afbreuk doen aan hul genot van hul eie huise.

Lees ook:
Gupta-familie se bure dreig met hofsaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Ag wat sukkel hulle so, hoekom betaal hulle nie maar net vir Zuma so ‘n miljoen rand en whalla daar is dit goedgekeur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.