Guptas-troue: Hotelgroep ontken “rassisme”

Die bruidspaar, Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia by die Valley of Waves, Sun City Foto: Haranath Ghosh, Twitter

Sun International, die hotelgroep wat Sun City bedryf, het bewerings ontken dat lede van die Gupta-familie daarop aangedring het om slegs deur wit mense bedien te word. Die hotelgroep sê voorts hy sal nooit hotelgaste toelaat om die kleur van die personeel wat hulle bedien, voor te skryf nie, het RSG Saterdag berig.

Die Gupta-familie en gaste is sedert Dinsdag by Sun City in Noordwes om die huwelikseremonie van Vega Gupta (23) en Aaskash Jahajgarhia te vier.

Die vakbondfederasie Cosatu se lede wat daar werk dreig om te staak oor bewerings van rassisme by die Gupta-familietroue. Verteenwoordigers van die oord het vroeër met Cosatu-amptenare van Noordwes vergader om die aantygings te bespreek dat slegs wittes en Indiërs toegelaat is om bruilofsgaste te bedien.

Die hotelgroep het egter bevestig dat ‘n vermeende verkragtingsaak deur die polisie ondersoek word nadat ʼn werker glo deur ʼn gas geteister is.

Lees ook:
Zuma verwelkom Gupta-ondersoek
Gupta-familie kan dalk ondersoek word
Gupta-fiasko: Nog vier hoës geskors
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Nuuskommentaar: Hulle lieg so lekker want hulle vlieg so lekker
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.