Guptas wil glo net wit werkers hê

Die bruidspaar, Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia by die Valley of Waves, Sun City Foto: Haranath Ghosh, Twitter

Volgens vakbondfederasie Cosatu in die Noordwes-provinsie ontvang die Gupta-familie, wat tans in Sun City tuisgaan vir ‘n familietroue, voorkeurbehandeling en tree hulle rassisties op.

“Die familie is onder polisiebeskerming terwyl hulle by die oord tuisgaan en alle vervoer vind onder polisiebegeleiding met amptelike voertuie plaas,” het Cosatu Donderdag in ‘n verklaring gesê. “Die familie wil glo nie deur swart personeellede van die oord bedien word nie, en eis dat hulle slegs deur wit personeel bedien word. Dit sluit die skoonmaak van kamers, voorbereiding van kos en bestuurders van pendelvoertuie by die oord in.”

“Dit is rassisme in sy ergste graad en ons kan nie toelaat dat dit plaasvind in ‘n land waar rassisme ‘n misdaad is nie,” het Cosatu gesê. Volgens Cosatu is daar ‘n skakel tussen die landing van die Gupta-familie se privaatvliegtuig by Waterkloof-lugmagbasis en die gebruik van polisie-begeleiding. “Dit beteken iemand in die veiligheidsdepartement van die land het magtiging gegee, aangesien ons glo dat die lede van die polisiediens opdrag van hul owerhede af ontvang het.”

Cosatu doen ‘n beroep op die regering om die gebruik van staatshulpbronne vir privaatbesigheid te staak en dat alle lede van die polisiediens, wat ontplooi is om die Guptas te beskerm, met onmiddellike effek onttrek moet word. Cosatu doen ook ‘n beroep op Sun City om nie die Guptas toe te laat om rassisties in die oord op te tree nie.

Die uitvoerende hoof van Cosatu sal Sun City op 3 Mei besoek om met werknemers, wat aan die beweerde rassisme onderwerp is, te vergader.

Lees ook:
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Neels Mostert ·

Gedurende die FIFA sokker wereldbeker, het ‘n Argentynse Biljoenêr by ‘n plaaslikke casino se hotel kom oorbly, waar ook die Switzerse sokkerspan gebly het. Wel, een aand laat het ‘n swart sekeriteits wag heel gemaklik in die man se kamer ingestap en sy skoot rekenaar gesteel, so dit is vir my geen verassing dat die Gupta gaste nie swart mense naby hulle wil hê nie, want ek sal hulle ook nie met duur horlosies en skoot rekenaars vertrou nie. Fool me once, shame on you, fool me twice shame on me!

Elizmare Jacobs ·

Cosatu moet dalk na die BEE wetgewing kyk ens ens voor hul aangaan oor een ou klein troue en rasisme. Welcome to South Africa!!

H J Bester ·

“Rassisme is ‘n misdaad in die land” aldus Cosatu.

Kan hierdie uitlating van Cosatu nie verstaan nie teen die agtergrond dat die ANC-regering openlik en sonder om te skroom teen die blankes van Suid-Afrika diskrimineer – wat as niks anders as blatante rassisme beskryf kan word nie.

Indien die Gupta’s dus aandring op bediening slegs deur blankes, is dit sekerlik hul goeie reg en kan hul voorkeure deur niemand voorgeskryf word nie. Dis sekerlik ook die voorreg van Sun City om personeel sodanig aan te wend soos wat omstandighede vereis.

Dis voorbarig dat alles in Suid-Afrika slegs op so ‘n wyse moet geskied soos wat dit die ANC en Cosatu pas.

Nellie van Staden ·

Wie huil nou omdat daar “rassities” te werk gegaan word oor net blankes wat op die troue moet bedien.. .. Wie is nou skynheilig??? Wie is die rassiste in die land??? Word wakker Cosatu, of is jul in die duister van wat aangaan in die land??? “Shame” on you…Dit is nie nou die tyd vir SKYNHEILIGHEID en AGTERBAKSHEID omdat jul maak of jul niks verkeerd sê of doen nie…Voel hoe voel dit as die ander lande dit weet dat hier nou erge omgekeerde rassisme in Suid Afrika is…Julle en die res verdruk die mindere tot in die afgrond in…Aan die Gupta familie kan SA nie meer sê “Welkom in die land van Sonkyn en Heuning” nie, maar Wees versigtig jul betree nou die land wat bo aan die lys staan van “Corrupsion and Crime” in die wêreld! Trek eerder jou hoed oor jou oë van skaamte as jul soiets het, en bring verandering in die land wat “So called” n “Rainbow Nation” moet wees….en gun die verdruktes om ook n stukkie kos eerlik en opreg kos op die tafel te kan bring!

Lynette Coertze ·

hoekom moet hulle ALTYD hulle neuse indruk waar dit nie hoort nie. dis mos ‘n privaat aangeleentheid en het boggerol met COSATO te doen nie. Praat van rassisme!! Wat anders noem jy dit as jy die wittes wil verbied en swartes wil aanstel om die werk te doen by die troue? Wys jou hoe dom is hulle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.