Gyselaar-situasie by Durban-hospitaal

Daar is ʼn sterk polisieteenwoordigheid by die Westville-hospitaal in Durban ná onbevestigde berigte van ʼn gyselaar-situasie.

Volgens berigte het skerpskutters hul reeds rondom die hospitaal geposisioneer. ʼn Man hou glo twee vroue gyselaar in die hospitaal se kombuis. Volgens beamptes op die toneel is een van die gyselaars glo beseer. Die man was glo voorheen ʼn pasiënt by die hospitaal. Nog ʼn pasiënt by die hospitaal sê hy het drie skote gehoor voor ʼn vrou by sy saal ingestorm en agter hom probeer wegkruip het. “Sy het om verskoning gevra omdat sy my kamer gekies het aangesien sy bang was die man is op soek na haar.” Van die pasiënte is glo uit die hospitaal ontruim. Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. ʼn Mediakonferensie sal na verwagting binnekort by die hospitaal gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.