Gyselaarsdrama in BFN duur voort

tronkdeurBeamptes het Woensdag bevestig dat ‘n gyselaarsdrama homself afspeel by die Mangaung-korrektiewe sentrum buite Bloemfontein.

“Die bestuur van die gevangenis hanteer tans die voorval,” het Andy Baker, hoof van G4S Africa, gesê. G4S Africa is die veiligheidsmaatskappy wat die gevangenis bestuur onder kontrak van die departement van korrektiewe dienste. Hy het nie enige verdere besonderhede gegee nie. Hy sê gebeurlikheidsplanne is ingestel om gyselaarsituasies te hanteer.

‘n Plaaslike radiostasie het vroeër berig dat vier gevangenes glo ‘n vroulike bewaarder Woensdagoggend om 09:00 as gyselaar geneem het. Sy word glo met ‘n skerp voorwerp in ‘n sel aangehou.

Billy Jones, woordvoerder van die polisie, sê onderhandelinge duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.