Gyselaarsdrama by BFN-tronk

Twee gevangenes by die Mangaung korrektiewe sentrum buite Bloemfontein hou tans ‘n dokter gyselaar by dié hoësekuriteit-fasiliteit.

Volgens sersant Thabo Litabe, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, hou hulle die dokter reeds sedert Maandagoggend om 10:35 gyselaar. Die fasiliteit word in samewerking met Group Four-sekuriteit in ‘n staats-/privaatvennootskap bestuur. Besonderhede is nog nie duidelik nie, maar polisie is op die toneel.

“In hierdie stadium wil ons nog nie verdere inligting bekend maak nie, omdat dit ‘n sensitiewe saak is en die SAPD [Suid-Afrikaanse Polisiediens] die situasie hanteer,” het Grace Molatedi, adjunk streekkommisaris gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.