Gyselaarsdrama tans in JHB

Die polisie het bevestig dat ‘n gyselaarsdrama hom tans in Johannesburg afspeel.

ʼn Man, in sy 30s, hou glo sy meisie gyselaar in ʼn park naby die Evaton-polisiestasie, noord van Vereeniging in Johannesburg. Beamptes sê ʼn spesiale taakspan is saamgestel om die situasie te ontlont. “In hierdie stadium is onderhandelaars op die toneel, sowel as ʼn spesiale taakspan,” het Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie gesê.

Tshisiwa Mileni, ʼn woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die man het na bewering iemand geskiet en gewond het,voordat hy sy meisie omstreeks 08:00 gyselaar begin hou het. “Hy is bereid om uit die kar te klim, maar sal glo begin skiet indien hy die polisie sien,” het Mileni gesê.

Die gewonde man is na die hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.