‘n Dooie haai is op ‘n moltrein in New York, Amerika, opgespoor.
Die kondukteur van die trein, wat onderweg was na Ditmars in Queens, het omstreeks 00:30 berig dat daar ‘n haai in treinwa nommer 8994 is. Die kondukteur het die treinwa afgesluit. ‘n Toesighouer by Ditmars Boulevard het bevestig dat die haai dood is en hy het dit in ‘n vullissak geplaas en weggegooi.
Die inspekteur aan diens het die treinwa ondersoek, die trein veilig verklaar en die diens het voortgegaan.
‘n Ooggetuie het vroeër gesê sy het ‘n vreeslik onaangename reuk geruik toe sy op die trein geklim het. “Dit was nie die gewone urine- of rommelreuk nie. Ek het die wa ondersoek en op die haai afgekom. Ek het seker vir ‘n minuut lank net gestaan en wonder ‘Kan dit waar wees?’,” het sy gesê. Sy sê al die ander passasiers aan boord was almal baie opgewonde oor die haai totdat die kondukteur hulle aangesê het om na ‘n ander treinwa te beweeg.
Kevin Ortiz, woordvoerder van die Metropolitan Transportation Authority, het gesê dit lyk vir hom soos goeie bemarking vir Haaiweek op die Discovery Channel.
Dit is nog nie bekend wie die haai in die trein agtergelaat het of hoe die haai daar beland het nie.
Gedog sulke goed gebeur net in Suid Afrika?!