Haai-waarskuwing na walvis by Buffelsbaai uitspoel

Die karkas van die walvis kort voor dit by Buffelsbaai uitgespoel het. Foto: Graeme Harding/NSRI

ʼn Haai-waarskuwing is Donderdag in Buffelsbaai naby Knysna uitgereik nadat die karkas van ʼn 14 meter lange noorkapperwalvis op dié strand uitgespoel het.

ʼn Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, sê vrywilligers is Woensdagmiddag van die karkas wat toe sowat vyf seemyl suid van Knysna gedryf het. Lambinon sê die karkas het sowat 16:50 gistermiddag by Buffelsbaai rondgedryf en daar is gepoog om die karkas terug die see in te trek. Hy sê toe die nodige bote op die toneel kom het die karkas klaar uitgespoel. Lambinon sê die departement van omgewingsake is in kennis gestel. Die Knysna munisiplaiteit het intussen gevra dat mense nie by Buffelsbaai swem nie aangesien daar verskeie haaie in die area opgemerk is.

Intussen is die lyk van ʼn man in die Simonstad-hawe gevind. Die 79-jarige man het glo in een van die seiljagte in die hawe gewoon. Hy het glo in die water geval en in toue verstrengel geraak. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.