Die Roemeense owerhede het vermoedelik die kuberkraker, wat onder die naam Guccifer berugtheid verwerf het, aangekeer.
Hy is as Marcel Lazar Lehel, 40 uitgeken.
Guccifer het veral bekendheid verwerf nadat hy op verskeie e-posrekenings van oud-pres. George W. Bush en familielede ingebreek het, en talle private foto’s op die internet gepubliseer het. Hy het onder meer ook op die e-posrekeninge van bekende akteurs soos Nicole Kidman en Leonardo de Caprio gekraak. Verskeie Amerikaanse en Roemeense politici se digitale ruimtes is ook ingedring, waaronder dié van die hoof van die Amerikaanse Intelligensieraad.
Volgens ‘n Roemeense aanklaer is die man wat nou aangekeer is, inderdaad Guccifer, maar dit is nie deur amptelike bronne bevestig nie.