Haelstorm saai chaos in Ladysmith

Die foto is deur die gebruiker @packiri7 op Twitter gelaai.

Haelkorrels so groot soos vuiste het Sondagaand nagenoeg 500 huise in Ladysmith, KwaZulu-Natal, beskadig.

Lennox Mabaso, woordvoerder van die provinsie se samewerkende regering, het Maandag gesê die storm het die Akasia-gebied van Ladysmith die ergste getref. “Owerhede is op pad na die gebied om die skade te bereken. Ons kan bevestig dat die haelkorrels omtrent so groot soos ʼn mens se vuis was,” het Mabaso gesê.

Geen lewensverlies of beserings is sover aangemeld nie. ʼn Aantal gesinne moes egter skuiling in ʼn plaaslike skoolsaal kry. Mabaso het gewaarsku dat die provinsie homself gereed maak vir nog slegte weerstoestande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.