Haglike toestande glo by BFN-dieretuin

‘n Olifant benodig nou ‘n nuwe tuiste weens die onhigiëniese toestande by die dieretuin in Bloemfontein.

“Die tekort aan skoonmakers het daartoe gelei dat higiëniese standaarde afgeneem het,” het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) Woensdag in ‘n verklaring gesê. Die personeeltekort sluit opsigters, wat na die diere omsien, in en dit het ‘n invloed op die diere se sorg en welstand gehad. Darryl Barnes, bestuurder by die dieretuin, het gesê hulle sukkel om personeel oor die afgelope paar jaar te kry, maar die situasie het die afgelope paar maande versleg.

Volgens die DBV het die Mangaung-munisipaliteit, wat die dieretuin besit en beheer, ingestem om te help om tydelike personeel aan te stel totdat permanente werknemers aangestel is.

Die dieretuin sal nou gekwalifiseerde aansoekers van regoor Suid-Afrika oorweeg.

Die DBV sê hulle het reeds ‘n nuwe tuiste vir die dieretuin se 27-jarige olifant, Thandora, gekry. Sy sal saam met ander olifante gehuisves word. Volgens Barnes soek hulle al die afgelope 10 maande vir ‘n ander tuiste vir Thandora, en, alhoewel ‘n nuwe opsie beskikbaar is, is dit nog nie gefinaliseer nie.

Olifante kan tot 70 jaar oud word, maar hul lewensduur is gewoonlik korter in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rudi ·

Die grootste probleem waarmee ons sit is dat die mensdom selfsugtig en vernietigend is.

Selfs in die wild, waar hierdie diere alles nodig om te oorleef het die mense gaan verwoesting saai en onskuldige diere in die prosses uitgemoor.

So selfs al is die diere in `n dieretuin, waar opgeleide mense veronderstel is om na hulle te kyk help dit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.