Halfgeboude Malema-huis het selfs ʼn bioskoop

Julius Malema

Die persoon wie se aanbod Donderdag tydens ʼn veiling vir Julius Malema se halfgeboude huis goedgekeur word, sal onder andere ʼn bioskoop en ʼn sigaarkamer in dié huis aantref.

Die voormalige leier van die ANC-jeugliga se spoghuis in Sandown, Johannesburg, word vandag op ʼn veiling verkoop. Bidders Choice, wat die veiling hanteer, hoop om die drieverdiepinghuis vir tussen R2,5 en R3 miljoen te verkoop. Die veiling is deel van ʼn hofbevel om Malema se bates te verkoop in ʼn poging om R16 miljoen belastinggeld, wat hy aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) skuld, te verhaal.

Malema het die eiendom in 2009 vir R3,6 miljoen aangeskaf. Hy het destyds die bestaande struktuur afgebreek en begin om sy eie huis met ondermeer ʼn bioskoop, sigaarkamer, koffiekroeg, wynkelder, swembad en borrelbad te bou. Daar is ook voorsiening gemaak vir ʼn hysbak, musiekkamer en veiligheidskamer. Die huis het egter geen toebehore, vloerwerk, loodgieterswerk of vensters nie.

Lees ook:
Julius se Sandown-huis onder die hamer
Malema se huis dalk binnekort opgeveil
Nóg ʼn slag vir Malema
Malema se probleme nie verby
Taksman steeds op Malema se spoor
Malema ‘steek bates weg’
Malema-eiendom glo môre onder hamer
Malema sy regspan kwyt
Malema gaan terugveg
SAID wil Malema laat sekwestreer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.