Hally Berry trou glo in Kaapstad

Hally Berry en Olivier Martinez

Gerugte doen die rondte dat Halle Berry en haar verloofde, die Franse akteur, Olivier Martinez, later dié jaar in Kaapstad die knoop sal deurhaak.

Die paartjie het mekaar in 2010 in Valsbaai, Kaapstad, ontmoet toe hulle die rolprent Dark Tide verfilm het. Volgens Star Magazine sal die paartjie in Kaapstad trou, omdat dit is “waar hulle ontmoet en verlief geraak het”.

Hally Berry en Olivier Martinez tydens hul besoek aan Kaapstad

Hulle wil glo die seremonie en onthaal op ʼn groot seiljag in Valsbaai hou en hulle is blykbaar besig om die finale reëlings te tref, byvoorbeeld wie die rok sal ontwerp, berig die blog Cape Town Tourism.

Berry en Martinez het tydens hul verblyf in Kaapstad ook ʼn plaaslike liefdadigheidsgroep, die Indlovu Project, in Khayelitsha besoek en Berry is ʼn “Afrika-naam” toegeken, naamlik Thandeka. Thandeka beteken “die een vir wie almal lief is”.

Die paartjie het nog nie die gerugte bevestig nie.

Hier is die voorskou van die rolprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.