Halssnoermoord: Gemeenskap neem reg in eie hande

ʼn Beweerde misdadiger is oor die naweek deur sy gemeenskap vermoor. Die halssnoermoord het plaasgevind na die man, wat op borgtog vrygelaat was, glo ʼn selfoon gesteel het.

Die Cape Times berig die gebrande liggaam van Andile Mtsholo (32) is teen 04:00 Saterdag in Khayelitsha gevind.

Inwoners het aan die koerant gesê hulle is bly dat Mtsholo dood is en dat hy verdink word van verskeie inbrake in die weste van Ligelethu.

“Hierdie is ʼn boodskap aan ander misdadigers, ons sal julle een vir een kry,” het ʼn inwoner gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.