Hand gered deur dit aan voet vas te werk

Xiao Wei se hand weer aangeheg

Xiao Wei se hand weer aangeheg

WAARSKUWING: ‘n Foto volg onderaan die berig, maar dié foto kan sensitiewe kykers ontstel. Dokters in China het ʼn man se afgesaagde hand vir ʼn maand lank “lewend” gehou deur dit aan sy been vas te heg voordat hulle dit weer aan sy arm vasgewerk het.

Xiao Wei (25) se regterarm is verlede maand deur ʼn boormasjien by sy werk in Changde, Hunan, afgesaag, het die Xiaoxiang Morning Herald, berig.

Die skade was te erg om die hand dadelik weer vas te werk, en sjirurge het dit aan sy been vasgewerk sodat die herstelproses solank kon begin.

Afgesnyde ledemate kan gered word indien die bloedvoorsiening binne ʼn paar uur ná amputasie herstel word.

Dokters het vroeër vandeesmaand die hand verwyder en dit tydens ʼn nege uur lange operasie suksesvol aan sy arm vasgeheg. Hy sal nog ʼn paar operasies en rehabilitasie-terapie moet ondergaan om die hand se funksie te herstel.
xiao wei voet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Die mediese wetenskap verstom my soms. Dis wonderlik dat mense se ledemate sò gered kan word. ‘n Paar dekades terug was so iets ondenkbaar. Ek glo die man gaan die volle gebruik van sy hand terug kry.

JJ Els ·

Alle eer aan GOD wat aan Medici die kennis, insig en vaardigheid geskenk het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.