Handboek-fiasko: Ondersoek moet ingestel word

Handboeke Woensdag in die skuur in Limpopo

Section 27 wil ‘n ondersoek instel oor die handboek-fiasko in Limpopo.

Section 27, die maatskaplike geregtigheidsorganisasie, het Donderdag ‘n beroep gedoen op die departement van basiese onderwys om ‘n onafhanklike bevestigingsproses in te stel om te bepaal waarom handboeke nie betyds in Limpopo afgelewer is nie, berig EWN. Beamptes het belowe om Woensdag teen middernag agterstallige leermateriaal by alle skole in Limpopo af te lewer. Slegs 99% van graad 10-handboeke is afgelewer, terwyl graad 1, 2 en 3 oral afgelewer is. Mark Heywood, woordvoerder van Section 27, het gesê ‘n volledige ondersoek moet teen EduSolutions ingestel word.

Heywood sê hy versoek alle besonderhede hoe dié krisis ontstaan het. Die departement van basiese onderwys het ingestem tot die ondersoek.

Volgens die departement het sommige verspreiders nie Woensdag by die skuur opgedaag nie. Beamptes moes gevolglik van hul eie voertuie gebruik maak.

Section 27 het egter gesê hy glo nie die departement het ‘n ernstige poging aangewend om te verseker dat die handboeke afgelewer word nie.

Heywood sê die organisasie sal nie sy hofaansoek kanselleer voordat hulle bevestiging het dat alle leerders in Limpopo voldoende leermateriaal het nie.

Die departement het egter die skoolhoofde in Limpopo blameer dat hulle voldoende samewerking gegee het nie. Bobby Soobrayan, direkteur-generaal van basiese onderwys sê van die skoolhoofde het geweier om na die skole te kom om die handboeke te ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.