Die departement het die sperdatum van 15 Junie, wat deur ‘n hof in Pretoria bepaal is, gemis. Section 27, die maatskaplike organisasie, het die regering namens skole in Limpopo hof toe gesleep, aangesien dié skole maande lank sonder handboeke moes klaarkom.
Die departement het uitstel tot Woensdag gekry.
Beamptes was by ‘n skuur waar die handboeke gestoor is, om toesig te hou oor die proses.
Meer as 97% van die handboeke is reeds uitgedeel en na die onderskeie skole versprei, berig EWN. Aflewering sal glo regdeur die nag voortduur.