Handboeke: Sperdatum verstryk Woensdag

Slegs 'n paar handboeke is oor in die skuur Foto: Andrea van Wyk, EWN

Die departement van basiese onderwys het Woensdag gesê alle handboeke sal teen middernag by skole afgelewer wees.

Die departement het die sperdatum van 15 Junie, wat deur ‘n hof in Pretoria bepaal is, gemis. Section 27, die maatskaplike organisasie, het die regering namens skole in Limpopo hof toe gesleep, aangesien dié skole maande lank sonder handboeke moes klaarkom.

Die departement het uitstel tot Woensdag gekry.

Beamptes was by ‘n skuur waar die handboeke gestoor is, om toesig te hou oor die proses.

Meer as 97% van die handboeke is reeds uitgedeel en na die onderskeie skole versprei, berig EWN. Aflewering sal glo regdeur die nag voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.