Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Vrydag gesê alle provinsies het handboeke vir 2014 ontvang.
“Ons trek by 90%. Daar was geringe vertragings in die Vrystaat en KwaZulu-Natal,” het sy gesê. “Ons monitor die situasie, maar is vol vertroue dat alle leerders ‘n handboek teen die begin van volgende jaar sal hê.”
Sy sê die departement beoog om teen 2014 een handboek per kind per vak te verseker. Meer as 50 miljoen handboeke word jaarliks versprei.
“Ons het goeie vordering gemaak om leerstof te versprei.”
Motshekga sê haar departement het vanjaar R70 miljoen spandeer om handboeke te versprei.
Sien is glo.
Angie belowe op jou voorvaders se woord toeeeeeee!
R70 mil vir net aflewering … Soe Angie dink jy nie is te duur? Aan wie is die kontrak gegee en het hy/sy enige verbindenis met jou Dept of dalk met jou?