Handboekfiasko: ANC aan EduSolutions verbind

EduSolutions, die maatskappy wat vir die handboek-chaos verantwoordelik is, het glo ‘n “blanko-tjek”-kontrak om met die ANC besigheid te doen in die parlement.

Mbulelo Goniwe, voormalige hoofsweep van die ANC, het glo die kontrak onderteken. Goniwe het in 2007 sy werk verloor en is van die ANC geskors nadat hy skuldig bevind is aan sekspes-klagtes, berig City Press.

Dit is die eerste keer dat EduSolutions direk aan die ANC se besigheidstransaksies verbind word. Shaun Battlemann, stigter en hoof uitvoerende beampte van EduSolutions, is ook aan pres. Jacob Zuma verbind as ‘n “kampioen” van sy onderwystrust.

City Press berig verder dat prof. John Volmink, ‘n voormalige hoofadviseur vir Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, ‘n direkteur van EduSolutions was toe die maatskappy in 2003 gestig is.

EduSolutions was in die nuus toe ‘n fluitjieblaser ernstige misdrywe van dié maatskappy in sy R320 miljoen-kontrak met Limpopo ontbloot het. Die handboekverskaffingskontrak is in April kanselleer en die provinsie se administrateur van onderwys het later beweer dat Motshekga hom gedwing het om aan te hou om met die maatskappy besigheid te doen.

EduSolutions het soortgelyke kontrakte in Mpumalanga, Gauteng en KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.