Handboekskandaal: Motshekga ontken leuens

Angie Motshekga

‘n Emosionele brief deur Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, is Maandag bekend gemaak.

In die brief ontken sy ruiterlik dat sy aan die land oor die Limpopo handboekskandaal gelieg het, berig EWN. Ten spyte van mediaberigte, het sy glo Anis Karodia, hoof van die intervensie in Limpopo, afgedank. Motshekga ontken dat hy die sondebok is en dat sy nie die “patetiese leuenaar” is soos wat sy tans uitgebeeld word nie. Panyaza Lesufi, haar woordvoerder, het vroeër ontken dat sy gelieg het oor die feit dat sy geweet het van ‘n fluitjieblaser in die handboekskandaal. Motshekga ontken dat sy kennis dra van Solly Tshitangano, wat verlede jaar onreëlmatighede in die regering se kontrak met EduSolutions uitgewys het. “Ek ken nie die naam nie,” het sy gesê.

Lesufi sê e-posse van Tshitangano is deur hom, as Motshekga se raadgewer, hanteer en is aan die polisie oorhandig. Hy sê die minister ontvang daagliks honderde e-posse en hanteer nie alles self nie. “Ons erken die brief en het dit aan die owerhede gegee om te ondersoek. Hulle het die betrokke saak ondersoek. Die landswette laat egter nie die minister toe om ‘n kontrak in enige spesifieke provinsie te kanselleer nie,” het Lesufi gesê.

Klik hier om die volledige brief te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.