Handjievol boere kwytgeskeld van nuwe loon

Werkers betoog in Swellendam tydens onluste in die Wes-Kaap in November verlede jaar. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

ʼn Totaal van 1987 boere het tussen Februarie en April aansoek gedoen om kwytskelding van die nuwe minimumloon.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, sê slegs 18 van die 1987 boere se aansoeke om kwytskelding was suksesvol. Volgens Oliphant word 4 991 werkers hierdeur geraak. Dit volg nadat Oliphant die minimumloon vir plaasweerkers na R105 per dag verhoog het na verskeie onluste in Wes-Kaapse dorpe in November en Februarie. Die nuwe loon het op 1 Maart in werking getree en is R36 meer as die vorige minimumloon van R69 per dag. Oliphant sê slegs boere wat kon bewys dat hulle hul bedrywighede sou moes staak weens die nuwe minimumloon is vrygestel. Die departement het 799 aansoeke in Februarie ontvang en 1019 in Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Dit is grootliks te betwyfel of die evaluaring van die groot getal aansoeke om kwytskelding van die minimun loon, binne so ‘n kort tyd, behoorlik en in volle omvang ondersoek kon word. En hoe vaardig was die paneel wat die aansoeke ondersoek het, met die evaluering van krediet / finansiële gegewens en al die ander detail wat in die aansoeke vervat is.

Kry so die indruk dat die kriteria moontlik slegs “opkomende” boere was wat kwalifiseer het vir kwytskelding. Was die geleentheid om aansoek te doen om kwytskelding maar nie net by voorbaat daarop gemik om “sekere” boere kwyt te skeld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.