“Handsakdief” aangerand en vermoor

Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn groep inwoners van Sebokeng in Gauteng glo ʼn man, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn handsak gegryp het, Dinsdag vermoor het.

“ʼn Groep mense het die man daarvan beskuldig dat hy ʼn dame se handsak gegryp het,” het kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is aangerand en is op die toneel dood.”

Twee lede van die gemeenskap, onderskeidelik 38 en 45 jaar oud, is in hegtenis geneem en staar aanklagte van moord in die gesig. “Kort ná die voorval is twee lede van die gemeenskap deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort om nog verdagtes op te spoor en aan te keer.”

Die twee mans sal na verwagting Vrydag in die Sebokeng-landdroshof verskyn.

Selepe doen ʼn beroep op gemeenskappe om nie die reg in eie hande te neem wanneer hulle beweerde misdadigers aankeer nie.

Twee vermeende diewe van Soweto is Maandag erg aangerand deur inwoners van Jabulani toe hulle glo probeer het om ʼn 37-jarige man te beroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.