Hansie Cronjé-saak dalk heropen

Die polisie in Indië wil glo die ondersoek na beweerde wedstrydknoeiery, waarby die voormalige Proteas-kaptein Hansie Cronjé betrokke was, heropen.

Die media in Indië berig dat ʼn brief deur Britse owerhede aan die Indiese polisie nuwe besonderhede aan die lig gebring het. Die brief het te doen met ʼn sleutelgetuie in die saak, die Londense beroepswedder, Sanjiv Chawla. Die besluit om die ondersoek te heropen kom kort nadat drie krieketspelers van Pakistan in die Verenigde Koninkryk tronkstraf gekry het vir betrokkenheid by wedstrydknoeiery. Cronjé is in 2002 in ʼn vliegtuigongeluk dood voor hy aangekla kon word. ʼn Aantal Suid-Afrikaanse en Indiese krieketspelers is reeds in verband met die saak ondervra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.