Happy Sindane se vermeende moordenaar in hof

Happy Sindane

Happy Sindane se vermeende moordenaar sal na verwagting Vrydag in die KwaMhlanga-landdroshof verskyn.

Khuano Simon Mthimunye (58) is verlede maand op borgtog van R10 000 vrygelaat. Sindane sê liggaam is op 1 April naby Tweefontein gevind. Hy is glo met klippe doodgegooi. The Star het destyds berig dat Sindane voor sy dood in ʼn geveg met ʼn ander man betrokke was oor ʼn bottel brandewyn.

Sindane het opslae gemaak nadat hy in 2003 aangevoer het hy is ‘n wit seun wat deur swart mense ontvoer is. Ná ‘n vier maandelange ondersoek om sy identiteit te bepaal, het die kinderhof in Bronkhorstspruit bevind dat sy naam eintlik Abbey Mziyaye is. Hy was die seun van ‘n swart huishulp, Rina Mzayiya. Die hof het bevind dat sy pa moontlik ‘n wit man was, Henry Nick, by wie Mzayiya in 1984 gewerk het.

‘n Minibustaxi en ‘n motor het in 2004 oor Sindane gery. Toe die ongeluk plaasgevind het, het hy in die pad gelê buite die Sinzanani Trust Village, ‘n plek van veiligheid in Bronkhorstspruit, waar hy in daardie stadium gebly het. Dit was onbekend waarom hy in die pad gelê het. Hy het later dieselfde jaar in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van opsetlike saakbeskadiging. Hy is in Marabastad, Pretoria, in hegtenis geneem nadat hy glo die ruite van ‘n taxi met klippe stukkend gegooi het. Die aanklag is in 2005 laat vaar nadat die taxi-eienaar aan die hof gesê het dat hy self die ruite vervang het en nie met die saak wou voortgaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

sien dis hukom mense ni oor rassegrense mut kids he ni. hy het self ni geweet wat hy was ni. swart of wit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.