Hardloop-legende ernstig beseer in tref-en-trap

Sonja Laxton (regs). Foto: Facebook

Sonja Laxton (regs). Foto: Facebook

Die hardloop-legende Sonja Laxton (65) is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy glo Sondagoggend deur ʼn motor omgery is terwyl sy geoefen het.

Wesley Botton, sportjoernalis van The Citizen, het die nuus op Twitter bevestig: “Kim Laxton het bevestig dat haar ma, Sonja, vanoggend in ʼn tref-en-trap-ongeluk betrokke was terwyl sy geoefen het. Laxton is kritiek maar stabiel in die Milpark-hospitaal met gebreekte skouers en elmboë, gebreekte ribbes en ʼn rugbesering.” Botton sê Kim het ook bevestig dat die bestuurder van die motor wat haar ma getref later aangekeer is. Nóg ’n legende van Suid-Afrikaanse atletiek, Bruce Fordyce, het op Twitter gesê: “Suid-Afrika se beste langafstandatleet Sonja Laxton ernstig beseer deur ʼn motor terwyl sy gehardloop het. Ons gedagtes is met jou.”
Laxton het in Oktober vanjaar haar 80ste Spar-vrouewedloop voltooi. Laxton het oor die jare verskeie titels ingepalm. Sy was onder meer die eerste atleet om nasionale kleure te kry in al drie vertakkings van atletiek naamlik pad-, baan-en veldwedlope. Laxton het ook verskeie rekords opgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Trippie ·

Lei ek reg af – die bestuurder het weggery en haar net so gelos ?

Sterkte en spoedige herstel word haar toegewens.

Daan ·

Ag my mens word asb gou gesond. Jy is die een, en op daardie ouderdom nog te kan oefen is net genade van bo. Ons wat hierdie berig lees sal vir seker op ons knieë sak, al is ons nie altlete nie, vir jou ‘n spoedinge beterskap toebid

Trippie ·

Mooi boodskappie Daan !

Ons moet ook nie vergeet om mekaar in gebed op te dra nie – veral nie in die tyd waarin ons tans leef nie.

Daan ·

Dankie my vriendin Trippie, sy het sommer naby gebly en geoefen.

leon ·

Wil net vir die Laxton familie sterkte toe wens. Eks baie bly die gemors is aangekeer en hoop maroela media hou ons op hoogte en asb publiseer die monster se naam.

Trippie ·

Leon, ek stem saam – glo mos “name him and shame him” !

Net ‘n lafaard hardloop (ry) weg !

Justi ·

Dis net swakkelinge wat weg jaag van n ongeluks toneel af. Ek bid Sonja n spoedige herstel toe. Dinge sal nie weer vir haar dieselfde kan wees nie.
Dank die Vader dat sy nog leef.
Mag daardie lafhartige bestuurder n baie lang tronkstraf kry.

elize smith ·

Baie baie sterkte. Ons gebede is met Sonja en haar familie. Mag sy spoedig herstel.

Lilly de Beer ·

Sonja baie sterkte, mag jy vinnig weer op jou voete wees. Sterkte aan die familie in die tyd.

AmY ·

Ai Sonja, ek wens jou ‘n spoedige herstel toe. Aan die PERSOON wat jou omgery en weggejaag het, as dinge oor 10 jaar sleg begin gaan met jou, MOENIE VRA WAAROM NIE!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.