Hardlooplegende sterk aan ná tref-en-trap

Ian en Sonja Laxton Foto: Facebook

Ian en Sonja Laxton Foto: Facebook

Die hardlooplegende Sonja Laxton maak goeie vordering in die hospitaal nadat sy ernstig beseer is in ʼn tref-en-trap-ongeluk, berig EWN.

“Haar tweede operasie was ʼn sukses, maar sy bly in ʼn kritieke toestand,” het Ian Laxton, Sonja se man, aan EWN gesê. Sy het Vrydag ʼn operasie aan haar regterskouer ondergaan.

Die 65-jarige atleet is verlede week in ʼn tref-en-trap-ongeluk beseer en in die Milpark-hospitaal opgeneem.

Die bestuurder, wat ná die ongeluk weggejaag het, is later in hegtenis geneem nadat ʼn ooggetuie die polisie in kennis gestel het van besonderhede oor sy voertuig.

Volgens Ian is hulle dankbaar vir die ondersteuning van die publiek. Hulle het briewe, oproepe, e-posse en teksboodskappe ontvang.

Lees ook:
Hardlooplegende ernstig beseer in tref-en-trap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.