Harrismith-moorde: Vrou ontslaan

Dorothea Brits. Foto: Facebook

Dorothea Brits, die vrou van die vermoorde dominee van Harrismith, is verlede week uit die Mediclinic Bloemfontein ontslaan.

Elizma van Aswegen, woordvoerder van die hospitaal, sê Brits is Vrydag ontslaan en sterk tans in die Pasteur-rehabilitasiesentrum aan, berig OFM.

Dorothea en haar man, ds. Willem Brits, is op 8 November in hul pastoriehuis met ʼn byl aangeval. Ds. Brits het die volgende oggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Hul aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen is in die voorval doodgeskiet.

Die egpaar se aangenome seun, Martin, het reeds voor ʼn landdros van Fouriesburg skuld erken op die moord van sy pa, ds. Willem Brits. Sy medebeskuldigde is Elliot Mhlambi. Die saak duur voort.

Lees ook:
Pastorie-moorde: Vrou sterk aan
Pastorie-moorde: Dorothea dalk teen Vrydag wakker
Pastorie-moorde: Seun toon glo berou
Twee beskuldigdes verskyn in hof
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.