Hartaanval toe onskuldige ná 23 jaar vrygelaat word

David Ranta

David Ranta van New York, Amerika, wat meer as twee dekades lank tronkstraf uitgedien het vir ‘n misdaad wat hy nie gepleeg het nie, het ‘n hartaanval gehad die dag ná sy vrylating.

Ranta (58) is tot 37 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy in 1991 aan die moord van ‘n Joodse rabbi, Chaskel Werzberger, skuldig bevind is. Werzberger is tydens ‘n rooftog by sy juwelierswarewinkel doodgeskiet. Ranta het volgehou hy is onskuldig en is Donderdag ná 23 jaar vrygelaat.

“Ranta het laat Vrydagmiddag ‘n hartaanval gehad,” het Pierre Sussman, Ranta se prokureur, aan CNN gesê. “Ek is bly om te kan berig dat hy gestabiliseer is en in die kardiale intensiewesorg-eenheid by ‘n hospitaal behandel word,” het Sussman gesê.

Ranta is vrygelaat nadat die staatsaanklaer se kantoor in Brooklyn aangekondig het dat ‘n interne ondersoek bewyse opgespoor het wat tydens sy hofsaak nie beskikbaar was nie. Dié bewyse het hom van alle skuld vrygespreek.

Ranta het net ná sy vrylating aan koerante gesê hy is oorstelp van vreugde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amanda/Sindy ·

David hulle het jou lewe gesteel!!!! Hoop jy dagvaar groot!!! Jy sal nooit weer vry wees van die wandaad!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.