Harties Haven: Oorsaak van brand onbekend

Die oorsaak van die brand wat verlede week Dinsdag by Harties Haven in Hartbeespoort, Noordwes, uitgebreek het, kon nog nie vasgestel word nie.

Drie boeties, Given Matlala (7), Norman Khoza (9) en Laurence Khoza (14) was in ʼn houthuisie by die Jedidiah Safe Haven & Crisis Centre (ook bekend as Harties Haven) aan die slaap toe die brand uitgebreek het. “My man het homself verbrand om hulle te probeer help,” het Stephanie Bentley (41), eienaar, gesê. Al drie die kinders het in die brand omgekom.

Chris More van Harties Haven sê hulle het steeds geen idee wat tot die brand gelei het nie, berig EWN. Hy sê die kinders het niks by hulle gehad wat ‘n brand kon stig nie. Daar was ook nie kragtoevoer na die huisie nie, die seuns het ʼn flitslig gebruik.

Die drie seuns en hul vyfjarige sussie is ná hul ouers se dood weens siekte deur die departement van maatskaplike werk na die plek van veiligheid verwys. Die sussie het nou geen familie oor nie.

Harties Haven huisves sowat 28 kinders wat wees gelaat is en/of seksueel aangerand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.