Hartpasiënt sterk goed aan

Marianna Cronjé Foto: Facebook

Marianna Cronjé, wat die wêreld se eerste nie-sjirurgiese opehart-operasie ondergaan het om ‘n lekkende hartklep te herstel, sterk goed aan.

“Cronjé is Vrydagoggend van die kritiekesorgeenheid na ‘n algemene saal oorgeplaas,” het Mediclinic SA gesê.

Maroela Media het vroeër berig dokters het verlede week Saterdag die operasie uitgevoer deur ‘n dun pypie in haar lies te druk. Sy is met haar hart aan die regterkant van haar borskas gebore. Die 59-jarige vrou van Stellenbosch het as kind rumatiekkoors ontwikkel en het reeds oor die afgelope 40 jaar vier opehart-hartoperasies ondergaan. Die laaste operasie is in 2000 uitgevoer.

Toe die hartklep begin lek het, kon dokters nie weer op haar opereer nie en haar toestand het tot so mate versleg dat sy nie meer iets vir haarself kon doen nie. Haar kardioloog, dr. Hellmuth Weich, het in Februarie haar saak aan die Wêreld Pediatriese en Volwasse Kardiologiekongres in Kaapstad voorgehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.