Hasie in ʼn japtrap vir siek kind opgespoor

Chanè Stapelberg het onderneem om haar hasie aan Nic te skenk. Foto: Huisgenoot/Facebook

Die gesinstydskrif Huisgenoot se versoek om ʼn speelgoedhasie vir ʼn siek kind op te spoor, is skaars ʼn uur nadat dit op Facebook publiseer is, volbring.

Die tydskrif het Donderdag op Facebook, met sy nagenoeg 193 000 ondersteuners, geskryf: “ Het jy dalk ‘n identiese hasie soos hierdie een? Kan jy Nic en sy gesin help? Hierdie kan ‘n reuse-verskil in ‘n klein seuntjie se lewe maak. Nic is baie siek en ontvang tans bestraling. Hy moet in isolasie geplaas word vir 3 dae waarna sy slaapklere, beddegoed en selfs sy geliefde hasie vernietig moet word. Nic voel altyd beter as sy hasie by hom is. Nic se gesin het die hasie sowat 10 jaar gelede by Woolworths gekoop en benodig nou dringend ‘n plaasvervanger wat die ander hasie se plek kan inneem nadat dit vernietig is. As enigiemand kan help. Stuur ‘n e-pos aan ons by [email protected] en help Nic om weer ‘n hasie te vind. Of deel hierdie foto op jou eie Facebookblad.

Huisgenoot  het kort daarna die goeie nuus gedeel dat een van hul lesers presies dieselfde hasie het. Chanè Stapelberg, ʼn dogtertjie van Pretoria, het onderneem om haar hasie aan Nic te skenk.

Selfs Woolworths SA het aan die soektog deelgeneem. Woolworths het op Huisgenoot  se blad geskryf dat die vonds wonderlike nuus is: “ʼn Groot dankie aan Chanè. Wel gedaan aan almal – wat ‘n inspirerende poging.

Die oorspronklike hasie wat vervang moet word. Die foto is deur Huisgenoot op Facebook gedeel in ‘n poging om ‘n plaasvervanger op te spoor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.