Hasie in Mandela se oor ‘betreurenswaardig’

Mandela se standbeeld voor die Uniegebou in Pretoria

Mandela se standbeeld voor die Uniegebou in Pretoria

Die maatskappy wat uitgekontrakteer was om die standbeeld van oudpresident Nelson Mandela by die Uniegebou te vervaardig sê dit is betreurenswaardig dat die beeldhouers ʼn hasie daarop aangebring het.

“Dit is betreurenswaardig dat die beeldhouers dié manier gekies het om hulle opinie te lig oor die feit dat hulle nie hul handtekeninge op die beeld mag aangebring het nie en dat hulle gevoel het hulle moes dit geheim hou van hulle kliënte en die departement van kuns en kultuur,” het Dali Tambo, uitvoerende hoof van Koketso Growth, gesê. “Ons werksverhouding was deur die loop van die projek een van groot vertroue en wedersydse respek en ek voel regtig dat hulle die kwessie enige tyd kon bespreek het en dat dit nie nodig was om hulle te wend tot wat gesien kan word as ʼn sinnelose poets nie.” Tambo sê die maatskappy en die regering se “standbeeld bestuurskomitee” het ooreengekom dat daar geen merke, insluitend handtekeninge, op die beeld mag wees nie. Hy sê daar is ooreengekom dat die beeldhouers se name op plaatjies gedruk sou word en naby die standbeeld aangebring sou word. Die beeldhouers het vroeër om verskoning gevra oor die voorval. Die departement van kuns en kultuur het hulle verskoning aanvaar.

Lees ook:
Beeldhouers vra om verskoning oor Mandela-hasie
Hasie in Mandela se oor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Ag nee wat, ek sien dit as kunstenaars vryheid. Gun dit vir die beeldhouers. Wie het nou gegaan en die geheim gaan uitblaker? Die dept van Kuns en kultuur verwyder straatname links en regs sonder om aan ons te dink, so moenie nou huil oor iets wat mens net met ‘n verkyker kan raaksien nie!

rene ·

Genade tog. Mense sit sonder werk, water of sanitêre geriewe… links en regs word mense vermoor en kinders mishandel en verkrag… EN ONS REGERING IS BEKOMMERD oor ñ feitlike onsigbare hasie in die oor van ñ STANDBEELD. Selfs Madiba sou gesê het “Los die hasie, hy pla niemand nie.”

AmY ·

Rene., ek stem saam met jou!!!

Hulle is gepla oor ‘ die onbenulligheid’, en intussen sit meer as die helfte van die land sonder water en elektrisiteit en sanitêre-geriewe, en hulle skop ‘n bohaai op oor ‘n feitlik onsigbare haas in die standbeeld se oor. Dalk moes hulle eerder ‘n gehoorstuk daarin aangebring het?

Chivago ·

As die kunstenaars toegelaat was om hul name aan te bring, soos dit enige beeldhouer se voorreg behoort te wees, sou dit nie nodige gewees het om hasies in ore weg te steek nie!

Poplap ·

En die hasie doen glad nie afbreuk aan die standbeeld nie! Dit lyk eintlik te oulik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.