Haweloses met vuurwapen betrap

Argieffoto

Twee hawelose mans sal Maandag in die landdroshof in Brixton verskyn nadat hulle met ‘n ongelisensieerde geweer betrap is.

Die polisie het Vrydag die twee mans, wat ‘n inkopiewaentjie vol herwinbare materiaal gestoot het, gesien toe hulle die verkeer gedeeltelik in Empireweg in Brixton blokkeer het, het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder vir die polisie in Gauteng, gesê. Een van die twee mans het glo verdag voorgekom en die beamptes het hulle genader. “Toe die polisie hulle nader, het hulle paniekerig begin raak. Die waentjie is deursoek en die polisie het op die ongeregistreerde geweer, wat in ‘n lap toegedraai was, afgekom,” het Dlamini gesê.

Die polisie ondersoek nou waar die twee mans aan die geweer gekom het.

“Lede van die publiek word gewaarsku om baie versigtig te wees wanneer hulle met hawelose mense te doen kry wat herwinbare vullis versamel, aangesien hulle moontlik inbrekers of rowers kan wees,” het Dlamini bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.