Hector Pieterson se sussie nou DA-lid

Die foto van die sterwende Hector Pieterson is wêreldwyd versprei

Die foto van die sterwende Hector Pieterson is wêreldwyd versprei

Hector Pieterson se suster, Lulu Pieterson, het by die Demokratiese Alliansie aangesluit, het die party Donderdag gesê.

“Lulu sluit in hierdie geskiedkundige tyd in ons nasie se struggle vir ʼn beter lewe by die DA aan,” het Mmusi Maimane, woordvoerder van die DA, in ʼn toespraak gesê. Maimane het die toespraak tydens ʼn herdenkingsdiens vir Hector in Soweto gelewer. “Lulu het haar vertroue uitgespreek dat die DA die party is om Suid-Afrika vorentoe te neem. Soos talle ander is sy ontnugter deur die korrupsie van pres. Jacob Zuma se ANC wat die beste geleenthede slegs vir ʼn paar mense reserveer.”

Hector is op 16 Junie 1976 tydens studentebetogings deur die polisie doodgeskiet. ʼn Foto van die skoot en die sterwende skoolseun is regoor die wêreld gepubliseer.

Maimane sê Lulu se skuif is simbolies. “Dit wys dat ons bo die ou verdeeldheid uitstyg en ʼn nuwe politieke beweging skep wat positiewe verandering gaan meebring. Ons belyn die politiek sodat die beloftes van 1994 vir alle Suid-Afrikaners kan bewaarheid word.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.