Heksery-berigte is “belaglik”

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Mediaberigte dat pres. Jacob Zuma in ʼn stadium heksery beoefen het, is belaglik en misleidend, het die presidensie Vrydag in ʼn verklaring gesê.

“Die president het in KwaNyamazane, Mpumalanga, ʼn toespraak in isiZulu gelewer en van die joernaliste het ʼn direkte vertaling daarvan gedoen en die betekenis het verlore gegaan,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, gesê.

“Die president het aan die gehoor vertel hoe hulle, terwyl hulle in Swaziland in ballingskap geleef het, Suid-Afrika deur die KwaNyamazane-gebied infiltreer het om politieke werk te verrig. Omdat dit alles so “onder die dekmantel” plaasgevind het, het hulle grappenderwys daarna verwys as “ukuthakatha”, wat letterlik “heksery” beteken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ria Maritz ·

Hoe het ek geweet Mac-liegbek gaan weer kom met … Zuma is verkeerd aangehaal en bla bla bla !

Waar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie !

Eben ·

aggg Mac jou lieg bek … niemand glo n man van india …. nog minder vir jou! Kyk mooi na stortkop hy lyk hoeka soos n heks en regeer die land soos een.

Paul Smith ·

Hi Kobus, wil jy nie maar uitvind wat die Zulunaam vir Kobus is en dit dan maar begin gebruik nie, want elke Kobus wat ek ken is nie sulke gatkruipers nie. As jy beter kan doen as Eben, kom dan daarmee na vore dat ons hoor wat jou mening van Zumie se heksery is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.