Hele Gautrain-roete nou in werking

Die Gautrain-roete tussen Parkstasie in die Johannesburgse middestad en Rosebank is Donderdagoggend vir die eerste keer aan passasiers oopgestel. Die hele Gautrain-roete is nou in werking.

Die oopstel van die roete is weens die syfering van water in die tonnel tussen Park en Rosebankstasie vertraag, ná die roete na Pretoria verlede jaar in gebruik geneem is. Errol Braithwaite, ‘n woordvoerder van die Gautrain- bestuursagentskap, het gesê hulle het al die dokumente ontvang wat die tonnel veilig verklaar en dat die roete ʼn week vroeër as wat verwag was, oopgestel is.

Die eerste trein het vanoggend om 05:20 van ʼn besige Parkstasie na Rosebank vertrek. Ismail Vadi, LUR vir paaie en vervoer, en Jack van der Merwe, uitvoerende hoof van die Gautrain-bestuursagentskap, was 07:00 by die Rosebankstasie en het vandaar ʼn trein na die middestad geneem. Die trein het dié roete in 3 minute en 20 sekondes voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.