Hele straat se inwoners beboet

Die vullis in Antwerpen

Dié gesig het ‘n straat boetes op die lyf laat haal

Al die inwoners van ‘n straat in die Vlaamse stad Antwerpen, is beboet omdat hulle hul vullis op ‘n vakansiedag buite gesit het en geweet het die vullisdienste werk nie op die vakansiedag nie. Die stad se inspekteurs het egter wel op die vakansiedag gewerk, en die boetes uitgeskryf.

Die inwoners het egter aangedui dat hulle nie die boetes gaan betaal nie.
Hulle was onder die indruk dat die vullis reeds die vorige dag, toe hulle dit uitgesit het, opgelaai sou word.

Die munisipaliteit van Antwerpen weier om die boetes terug te trek.

Bron: ANP via Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LiGi ·

@Herman Toerien: Jou verslaggewing is soms vaag en ver van korrek. Probeer asb ook om die korrekte foto’s te plaas. In Belgie word geen swart sakke opgelaai nie. Elke voorstad het sy eie kleur sak. Jy moet die sakke aankoop, dus hoe meer jy gebruik, hoe meer gaan jy betaal vir jou vuilnisophaling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.