Helen Zille lag haar ‘kunswerk’ af

Helen Zille, DA-leier, het ʼn ‘kunswerk’ van haar wat in die kuberruimte rondgestuur word, afgelag.

Dit volg na die kunstenaar Brett Murray se kunswerk van president Jacob Zuma, The Spear, oor die afgelope paar dae groot opslae in die land gemaak het.

Die gedokterde foto wys Zille se kop op die lyf van ʼn ouer vrou, met die DA se embleem op ʼn kritieke plek.

“Nou kan julle sien hoekom ek aktief vir ʼn uur elke dag probeer fietsry. Lyk my ek benodig meer as Botox,” het sy aan The Star gesê.

ʼn Gebruiker, William ANCYL, het die foto op Facebook gepubliseer en het geweier om dit te verwyder. Dit is ook op Twitter versprei. Hy sê die foto is uit weerwraak vir Murray se skildery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.