Helfte wil hê Zuma moet bedank

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

ʼn Meningspeiling het bevind dat president Jacob Zuma al hoe meer politieke aansien en ondersteuning verloor.

Die meningspeiling het bevind dat 51% van geregistreerde kiesers vir die ANC voel dat Zuma moet bedank, aangesien hy nie oud-president Nelson Mandela se skoene kan volstaan nie.

Die uitslag van die opname, wat deur die Ipsos-marknavorsingsmaatskappy gedoen is, word in dieselfde week bekend gemaak wat Zuma tydens Mandela se gedenkdiens uitgejou is.

Van die 1 000 ANC-kiesers wat aan ʼn verteenwoordigende opname deelgeneem het, het 33% aangedui hulle sal minder waarskynlik vir die ANC stem ná bewerings dat Zuma belastinggeld gebruik het om sy luukse privaatwoning vir $20 miljoen op te knap.

Altesaam 42% het gesê hulle is daarvan oortuig dat hy die belastingbetalers se geld misbruik het.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vraag ·

Die ANC het groot krake binne die ANC sowel as hulle alliansies. Zuma is vinnig besig om tot ‘n val te kom. Hy sal nie omgee nie, het mos klaar geskep, so dit is seker tyd vir iemand anders om te skep

Grassie ·

Jacob se kierantjies is besig om te braai. Hierdie keer sal dit nie help om te gaan stort nie

Marius Durandt ·

Verstommend hoe eng mense kan wees en elke snert glo wat die media opdis. Dink terug aan voor 1994 wat alles op lamppale gestaan het en wat die mense ook geglo het. Realiteite, Zuma gaan nog ‘n termyn daar wees en ons almal gaan ook hier wees om te sien hoe alles verder verval. Boor maar ‘n gat in jou erf en koop maar ‘n kragopwekkertjie jy kan dit net dalk nodig kry. Suid Afrika politiek verskil van ander politiek, as mens die meningspeilings van sommige instansies glo, hoeveel te meer die “agtergeblewene” sal nog steeds glo die ANC sal voorsien. Verrassend sal wees om te beleef al die steun wat Malema gaan kry en ons moet weet hys oppad parlement toe.

Babs ·

Die 51% wat teen hom is gaan weer vir hom stem. Hoe swaarder die mense kry, hoe meer glo hulle die ANC is op die regte pad..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.