Heli-ongeluk: Oorledenes se name bekend

Argieffoto: Netcare911

Die vier mense wat in Dinsdag se helikopterongeluk tussen Nelspruit en Lydenburg dood is se name is bekend gemaak.

LookLocal Lowveld berig die oorledenes is Nick More, die vlieenier en eienaar van die helikopter en uitvoerende hoof van Lion Sands in Sabi Sands, Pierre de Villiers, Lance Cooper en Elmarie Martens. More het omstreeks 6:30 Dinsdagoggend van die Nelspruit-lughawe opgestyg waarna hy die drie passasiers opgelaai het en na Grand Central-lughawe in Midrand vertrek het. Die helikopter het glo sowat ʼn halfuur later naby die N4 tussen Nelspruit en Lydenburg neergestort. “Al vier mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en sal deur die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek word.

BRON: LookLocal Lowveld

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.