Heli-ongeluk op UK-kampus

Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

ʼn Helikopter het by die Universiteit van Kaapstad se middelkampus neergestort.

Volgens ‘n woordvoerder van ER24 Andre Visser was daar vier insittendes in die helikopter en is niemand ernstig beseer nie. Visser sê die helikopter het op sy linkersy geland nadat dit geval het. Die klein Robinson 44 helikopter het op die middelkampus langs die M3 hoofweg geval. Die pad is intussen gesluit vir verkeer en nooddienste is steeds op die toneel. Die voorval het glo net na 9:00 Woensdagoggend plaasgevind. Intussen het talle mense op Facebook en Twitter gesê hulle het gesien hoe die helikopter begin tol het en toe die grond getref het. Foto’s wat op sosiale netwerke geplaas is wys hoe die helikopter op sy dak lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.