Helikopter-ongeluk: Lede se name bekendgemaak

Argieffoto van die SALM se Agusta 109-helikopter

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Maandag die name van die vyf soldate wat by die Krugerwildtuin in ‘n helikopterongeluk gesterf het, bekendgemaak.

“Dit is met rou dat ons die name van die SANW-lede wat in ‘n noodlottige ongeluk was, bekendmaak,” het die departement van verdediging gesê. Die soldate was kaptein Jacobus Andries van Rensburg, kaptein MP Chabalala, sersant Paulus Shongela Ndishishi, sersant GP Ruiters en onderkorporaal Bheki Petros Cele.

‘n Agusta 109-helikopter wat op ‘n geskeduleerde lugpatrollie was van die Krugerwildtuin, as deel van die renosterstroperyoperasie, het neergestort. Al vyf SANW-lede aan boord is oorlede.

Die SANW sê ‘n voorlopige ondersoek is van stapel gestuur om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.