Helikopter stort neer

Foto: ER24

ʼn Helikopter het Woensdag omstreeks 12:00 naby die Randse lughawe langs die N3-deurpad neergestort.

Nooddienswerkers van ER24 is op die toneel en sê niemand is ernstig beseer nie. Na wat verneem word was daar drie mense in die helikopter – die vlieënier en twee polisiebeamptes. Een pasiënt het glo ʼn been gebreek. Twee pasiënte is met helikopters na nabygeleë  hospitale geneem vir verdere behandeling. Die derde pasiënt is met ʼn ambulans na die hospitaal geneem. Dit is nog nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.