Heli’s vlieg nie weens geldtekort

Agusta A109

Nie een van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) se 18 Agusta A109-helikopters is glo in gebruik nie, aangesien daar glo nie geld is om hulle te onderhou nie, het Beeld Woensdag berig.

Die helikopters word glo soms aangeskakel, maar styg nie op nie, het ʼn anonieme bron aan die koerant gesê. In die langtermyn beteken dit dat die vlieëniers moontlik hul vaardighede kan verloor en nie die minimum aantal vliegure behaal nie. Die helikopters kan gevolglik dan heeltemal in onbruik verval.

Beeld berig dat die SALM se 26 Gripen-vegvliegtuie, wat ʼn paar jaar gelede in die multi-miljoenrandse wapentransaksie aangekoop is, glo ook selde gebruik word.

ʼn Senior beampte van die SA Nasionale Weermag het glo aan die koerant gesê die situasie is “beroerd”.

Nadat die begroting met ongeveer 60% gesny is, oorweeg die lugmag glo om die Gripens en nie net die A109-helikopters nie, maar al die helikopters, te verkoop.

Helmoed-Romer Heitman, militêre kenner, het glo gesê die SALM ly onder die regering wat nie kan besluit wat van die weermag verwag word nie. “ ’n Lugmag sonder vegvliegtuie is ’n dead duck in Afrika se militêre konteks. ’n Weermag sonder helikopters en transportvliegtuie is ’n dinosourus in ’n moeras,” het hy gesê. “’n Leër sonder aanvalshelikopters en taktiese transporthelikopters is ’n lame duck. ’n Vloot sonder skeepshelikopters en maritieme patrollievliegtuie is blind.”

Volgens die koerant het die SALM nie op ʼn versoek om kommentaar te lewer, reageer nie.

Intussen gaan die DA die parlement se gesamentlike staande komitee oor verdediging versoek om ʼn vergadering te belê om die “krisis” in die SALM te bespreek. “Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, moet verduidelik waarom dinge toegelaat is om só agteruit te gaan,” het David Maynier, woordvoerder vir die DA, gesê.

“Die vliegtuie is teen ʼn koste van bykans R2 miljard aangeskaf. Die begroting vir die SALM se “helikopter vaardigheid” is van R915 miljoen in 2012/13 tot R769 miljoen in 2013/14 verminder.”

“Ironies lyk dit of daar nie ʼn tekort aan fondse is om BBPs, insluitend pres. Jacob Zuma en die minister, op SALM-helikopters rond te vlieg nie,” het Maynier bygevoeg.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AJ van Dort ·

@meneer, die helikopter in die foto is inderdaad ‘ n Agusta A109.

Kaspaas ·

En so gaan alles ten gronde wat in aanraking kom met die donker volk. Seker ook weer Apartheid se skuld.

Jaco ·

Tragies. Dis wat gebeur in al die Afrika lande. Dan het ons nog towenaars wat glo alles sal reg kom. Hallo. Word wakker!! Die regering moet eers laerskool toe gaan

Anoniem ·

Ek het so jaar en ses maande terug bedank by die lugmag ons moes baie keer VIP’s rond vlieg ooral Kapama die Pres se huis dan Pretoria mors van geld. Wat vir my erg is is dat al die wit Tegniese mense met al die ondervinding bedank om groener wyvelde te soek of afgedank deur Denel. Maar wat hulle nie besef nie is dat die kwaliteit van ambagsmanne in die vlieg bedryf al hoe swakker word so ek kan nie sien dat die lugmag nie meer die lugmag gaan wees nie maar die Lagmag ons was destyds toe my pa in die lugmag was 1ste of 2de in Afrika maar nou glo ek nie eers ons is 15 de nie so gaan als maar na moer !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.