Help behoeftige kinders met ʼn vroeë Kersgeskenk

Lindie Strydom ondersteun die Skooltassieprojek

Solidariteit Helpende Hand se nasionale Skooltassieprojek is weer aan die gang met fondse wat ingesamel word om in Januarie 2013 ten minste 5 000 tassies aan behoeftige Afrikaanse graadeens uit te deel.

Die Skooltassieprojek sit ’n tassie gevul met al die nodige skryfbehoeftes in ’n graadeentjie se hand en gee hom daarmee hoop en moontlikhede.

“Helpende Hand volg ’n beleid van opheffing deur opleiding,” sê dr. Danie Brink, die uitvoerende hoof van Helpende Hand. “Ons glo dat ’n kind se voorbereiding om ’n suksesvolle en ekonomies onafhanklike lid van die samelewing te word, reeds voorskools begin.”

Die nasionale Skooltassieprojek is ‘n stap om ’n kind ’n beter toekoms te gee. “’n Goeie opvoeding is die beste manier om ons kinders voor te berei vir die wêreld van werk en daarom is dit belangrik om aan hulle die nodige toerusting en ondersteuning te gee. Helpende Hand se Skooltassieprojek spreek op die oog af ‘n eendimensionele behoefte aan. Tog is ‘n skooltassie soveel meer as gereedskap vir skool. Dis ‘n simbool van hoop,” het dr. Brink gesê.

Die organisasie doen ‘n beroep op die publiek om nou al geld vir skooltassies in te samel vir kinders wat nie Kersfees kan vier nie.

Klik hier om die video te sien.

Hoe jy kan help?

Borg ‘n skooltassie vir R200 of lewer ‘n bydrae tot die skooltassieprojek. SMS die woord “tassie” na 34388 en ‘n Helpende Hand agent sal jou kontak. ’n SMS kos R2. Of kontak Helpende Hand by 0861 25 24 23 of 012 644 4390.

Skenkings kan hier inbetaal word:

Solidariteit Helpende Hand
FNB
Rekeningnommer 623 314 45503
Takkode 250 655
Verwysing: “tassie”.
Faks bewys van betaling na 086 218 3216.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.