Helpende Hand gee R40 000 vir Wes-Kaap-vloedhulp

Dele van die Paarl in onder water. Foto: @IsgaakGaidien/Twitter

Dele van die Paarl in onder water. Foto: @IsgaakGaidien/Twitter

Solidariteit Helpende Hand het R40 000 bewillig om te voorsien in die behoeftes van mense wat deur die vloede in die Wes-Kaap geraak word.

Groot groepe mense in is sonder heenkome en toegang tot middels soos kos, klere en slaapgeriewe gelaat. Helpende Hand se Wes-Kaapse takke het die afgelope twee weke gehelp om mense te ontruim en van benodighede soos meubels, kos, kerse, komberse en klere te voorsien.

Die R40 000 sal in die Helpende Hand Rampfonds gestort word. Die helfte van die fondse is afkomstig van Helpende Hand en die ander helfte van die Jeanette Askew Luttig Fonds wat deur Helpende Hand

Wes-Kaap bestuur word. Dié fonds moet volgens opdrag van die stigter, Jeanette Luttig, aangewend word vir noodlenigingsaksies in die streek.

“Ons is dankbaar vir die groot rol wat Rampbestuur en die Suid-Afrikaanse Polisiediens speel, maar ons vind dat mense baie bang is om hulle huise en besittings te verlaat,” sê Erika Botha-Rossouw, Helpende Hand se streeksorganiseerder in die Wes-Kaap. “Verder is daar ook ander verliese soos meubels en toebehore waarvoor die polisie en Rampbestuur nie voorsiening maak nie. Ons rol is om mense dan ten opsigte van hierdie behoeftes by te staan.

“Mense wat behoeftes het as gevolg van die oorvloedige reën kan ons kontak sodat ons hulle kan help.”

Om tot die Helpende Hand Rampfonds by te dra, SMS die woord “RAMP” na 38969 en skenk só R10. Om goedere te skenk, kontak Erika Botha-Rossouw by 072 195 6581 of Wilinda Ford by 073 981 3372. Goedere kan ook by die Wes-Kaap Skenkingskantoor by Brightonweg 24, Kraaifontein afgelewer word. Skenkings moet duidelik met die woord “Ramp” gemerk wees.

Lees ook:
Kaapse vloede saai chaos
Reën, ysige weer in die Kaap veroorsaak chaos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.