Hengelaar dood aangetref

Argief. Foto: NSRI

Die liggaam van ʼn hengelaar is Sondag naby Kaapstad aangetref.

Volgens Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad se rampsbestuureenheid, het haaikykers die man se liggaam Saterdag sowat 40 meter van die kus tussen Baileys Cottage en Surfers’ Corner in Muizenberg opgemerk.

“Plaaslike owerhede, die polisie se duikeenheid en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur, maar die soektog is Saterdagaand gestaak weens swak sigbaarheid. Die soektog is Sondag hervat en die man se liggaam is omstreeks 10:30 opgespoor,” het Solomons-Johannes gesê.

Die man is intussen uitgeken as die 59-jarige Premduth Parboo van Steenberg. Daar word vermoed dat hy Saterdag deur ʼn golf van die rotse af gespoel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 05:30.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.