Hengelaar se straf oor vangs verwelkom

Leon Bekker by die witdoodshaai wat hy gevang het. Die en ander foto’s het regoor die wêreld opslae gemaak.

Die departement van landbou, bosbou en visserye het die vonnis wat ʼn hengelaar van George opgelê is nadat hy onwettig ʼn witdoodshaai gevang het, verwelkom.

Lionel Adendorf, woordvoerder van die departement, sê Leon Bekker is ʼn boete van R120 000 of tronkstraf opgelê wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Bekker het glo erken dat hy die haai op 11 Maart 2011 by Mosselbaai gevang het. Bekker het glo vir foto’s met die haai poseer voor hy die bebloede dier glo terug in die water gegooi het. Die haai is glo later aan sy beserings dood. “Dit is die eerste witdoodshaai-saak en skuldigbevinding in enige Suid-Afrikaanse hof. Suid-Afrika is ook die eerste land om wetgewing in te stel vir die beskerming van witdoodshaaie,” het Adendorf gesê. Die departement hoop dat dié vonnis voorgenome hengelaars sal afskrik om beskermde spesies te vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Susan Odendaal ·

Ek verstaan nie waarom die man gevonnis is nie? Hoe kan hy help hy kry n witdoodshaai aan sy lyn? Seker geen fout om n paar foto’s daarvan te neem voor hy hom teruggooi nie. Die feit dat hy agterna aan sy beserings dood is, is sekerlik ook nie die visserman se skuld nie, moes hy dan die veearts uitgekry het? Ek dink dis uiters onregverdig!

Bea Avemaria ·

Dit is tyd dat mense hulle ego’s op sy staan en besef daar is ‘n “heritage” wat behou moet word. Hoekom Fotos neem met die haai en dan beseer terrug gooi in die water? Nee jammer hy het presies geweet wat hy doen en dit vind ek ook goed dat hy bestraf word.

Brenda ·

Ek moet met jou saamstem. Elkeen moet vir sy eie dade verantwoordelikheid aanvaar.

Des ·

Ek stem saam met Susan Odendaal …jy kan iemand vermoor en nie so ‘n belaglike boete kry nie ..alhoewel dit opgeskort is , is dit nogsteeds belaglik want die haai is nie vir ‘n trofee doodgemaak nie maar wel vrygelaat …die henelaar kon mos nie help dat dit beseer is is nie en kon ook nie die aas in die haai se bek geplaas het nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.